Depressie (gemoedstoestand)

Melencolia I (Albrecht Dürer, omstreeks 1514).

Depressie is ’n lae gemoedstoestand en afkeer van aktiwiteit wat ’n mens se gedagtes, gedrag gevoelens en welsyn kan aantas.[1] Depressiewe mense kan hartseer, angstig, hopeloos, bekommerd, hulpeloos, waardeloos, skuldig, geïrriteerd of rusteloos voel. Hulle kan belangstelling verloor in bedrywighede wat hulle voorheen geniet het, hul aptyt verloor, hulle ooreet of selfdood oorweeg. Slapeloosheid, te veel slaap, moegheid, min energie, pyne en verteringsprobleme kan ook voorkom.[2]

Depressie is nie altyd ’n geestesteuring nie; dit is soms ’n normale reaksie op sekere gebeure of ’n mediese toestand wees, of ’n newe-effek van dwelmmiddels of mediese behandeling. Dit word egter ook verbind aan geestesteurings soos kliniese depressie.

  1. Salmans, Sandra (1997). Depression: Questions You Have – Answers You Need. People's Medical Society. ISBN 978-1-882606-14-6.
  2. "NIMH • Depression". National Institute of Mental Health (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2013. Besoek op 15 Oktober 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search